fear, emotions, anxiety-5462288.jpg

Nageboorte Depressie en Angst

Liewe Mamma 

Jou waarde is onmeetbaar. En jou unieke en spesiale rol in jou kinders se lewe verg  spesiale en doelgerigte aandag. As jy as Mamma of Pappa vroeg die nodige  ondersteuning kry en vir jouself ondersteuning bied, breek ons ‘n negatiewe siklus wat van generasie tot generasie oorgedra kan word. Elke vrou wat haarself genees, genees haar kinders se kinders. 

Navorsing toon dat tussen 31 – 40% van Suid Afrikaans vroue geestesgesondheid probleme ervaar na die geboorte van hulle baba. Suid Afrika val ook dus onder die top 5 lande met die hoogste syfers ter wêreld. Dit is weens hierdie dat ons vandag moet werk maak om die stigma van Nageboorte depressie en angs aan te spreek omdat die effek daarvan vir baba ook geestesgesondheid komplikasies in hou kater in hulle eie lewe. 

BetterMom is ‘n passie projek van my wat ek in 2021 begin het om juis die stem te wees om hierdie stigma van Nageboorte aanpassing, depressie en angs vir die hele gesin aan te spreek sodat my kinders se kinders nie hoef skaam te wees om hieroor te praat eendag nie. Veral om te voorsien dat jou baba, wat eendag self ‘n volwassene word, sê geestesgesondheid opgepas kan word. Kom ons breek saam die siklus en help jou om te leer om jouself diep lief te hê. BetterMom fokus op jou geestesgesondheid en om gereedskap en programme te voorsien om jou as ouer te ondersteun om te bind en diep in konneksie te wees met jou kinders. ‘n selfbewuste ouer is ‘n ouer wat be magtig is om verandering in hulle lewe aan te wend.

Min ouers besef dit, maar daar is ‘n verskil tussen die “Baby Blues” en Nageboorte Depressie. 

Hier volg belangrike kenmerke om onder andere ‘Baby Blues’ of Baba Benoudheid en Nageboorte Depressie of Angs van mekaar te onderskei. Dis veral belangrik dat jy as ouer kennis dra van die tekens sodat jy die tekens vroeg kan identifiseer en dus vroeg hulp kan kry indien nodig. 

‘Baby blues’ se simptome duur slegs ‘n paar dae tot ‘n week of twee nadat jou baba gebore is en sluit die volgende in: 

  • Gemoedskommelings of “mood swings” wat aangedui word deur ‘n drasties of duidelike fluktuasie in jou bui
  • Angs of vrees 
  • Hartseer en tranerigheid
  • Prikkelbaarheid of sensitiwiteit oor nietige dinge 
  • Voel oorweldig en asof jy nie basiese dinge kan hanteer nie 
  • Verminderde konsentrasie heel waarskynlik weens min slaap of die gewone of ongewone trauma wat gepaard gaan met die geboorte proses
  • Eetlus probleme soos ‘n verlaagde eetlus of om die behoefte te hê om te ooreet
  • Sukkel om te slaap wat insomnia insluit 

Postpartum of nageboorte depressie simptome

Nageboorte depressie kan aanvanklik verwar word met baba-blues – maar die tekens en simptome is meer intens en hou langer. Hierdie simptome kan ook uiteindelik inmeng met jou vermoë om vir jouself, en vir jou baba te sorg en jou vermoë om ander basiese daaglikse take te hanteer verminder of totaal inhibeer.  Simptome ontwikkel gewoonlik binne die eerste paar weke na geboorte, maar kan vroeër – tydens swangerskap – of later – tot ‘n jaar na geboorte begin. Te veel Mamma’s word eers na jare se sukkel hiermee gediagnoseer. Voor ons na die ander simptome kyk moet ons net twee uiters belangrike punte aanraak.

  • Indien jy gedagtes het om jouself of jou baba te benadeel, vra asseblief onmiddelik om hulp sodat die mense en geliefdes om jou kan verseker dat jy en jou baba die sorg ontvang wat julle benodig. Indien jou gedagtes neig na idees om stappe te neem om jouself of jou baba te benadeel raadpleeg onmiddelik jou naaste nood diens, dokter of psigiater. Daar is kenners om jou wat kan help. 
  • Indien jy herhalende gedagtes van dood of selfmoord het moet jy hulle asseblief onmiddellik aangespreek by iemand wat jy vertrou, of by ‘n dokter of sielkundige. Daar is ‘n Engelse gesegde, “What you put into the light can no longer hold you tight”. Gee oor aan mense wat jou en jou baba se lewe kan red. Onthou, julle is albei onmeetbaar kosbaar. 

Postpartum depressie tekens en simptome kan die volgende insluit:

  • Bedrukte bui of erg buierigheid
  • Oormatige gehuil asof die trane net nie wil ophou nie. 
  • Sukkel om met jou baba te bind. Dalk voel dit of jy netnie jou baba in die oë kan kyk of die behoefte het om hulle te soen of te druk nie. Dit sluit ook die behoefte om afstand tussen julle te plaas of selfs asof jy ‘n wrok hou teen jou baba of babas. 
  • Onttrek van familie en vriende om afstand te skep is ‘n oer behoefte van die brein om jou te preserveer en is nie gesond nie omdat ons as mense bedraad is vir konneksie
  • Verlies aan eetlus of eet baie meer as gewoonlik
  • Onvermoë om te slaap wat slapeloosheid of te veel wil slaap insluit 
  • Oorweldigende moegheid of verlies aan energie
  • Verminderde belangstelling en plesier in aktiwiteite wat jy vroeër geniet het
  • Intense prikkelbaarheid, sensitiwiteit en woede. Woede en kwaad dien as ‘n belangrike rooi vlag en hoef nie gevrees te word nie. Doen introspeksie om uit te vind watter emosies onderliggend is aan hierdie kwaad. Dit het gewoonlik te make met gevoelens van minderwaardigheid, magteloosheid, skande (shame), ontoereikend of hopeloosheid. Vra jouself dan af hoekom jy so voel en wat jy daaromtrent kan doen. 
  • Vrees dat jy nie ‘n goeie ma is nie en wat dit vir jou beteken 
  • Gevoel van hopeloosheid 
  • Verminderde vermoë om duidelik te dink, te konsentreer of besluite te neem. Volwassenes neem omstreeks 35,000 besluite elke liewe dag. BesluitnemingsUitputting is ‘n groot probleem in vandag se samelewing en kan op verskeie vlakke behandel word. Verminder aktief die hoeveelheid besluite wat jy elke dag hoef te neem. 
  • Rusteloosheid of die behoefte om alles in orde te hê. 
  • Erge angs en paniekaanvalle. ‘n Paniekaanval word gekenmerk deur fisiese simptome soos skielike hoë bloeddruk, hartkloppings, sweet, naarheid, bewerasie en lighooftigheid

Ander faktore: 

  • Verwagtinge wat ma op baba geplaas het. Jou baba is nie gemaak en gaan jou heel waarskynlik nie vervul as mens nie. Hê hom of haar net lief vir wie hulle is en gaan soek jou vervulling in die liefde wat jy vir jouself en dus dan vir jou baba gee. Ander vervulling kan ook kom in jou stokperdjies of selfs in liefdadigheid werk wat jy aan pak. 
  • Infertiliteit kon ‘n groot rol speel weens hormonale en endokrinale vlakke. Gaan gesels gerus met jou dokter om te hoor of hulle jou hiermee kan help.
  • Huweliks probleme en wanneer Mamma jaloers is op die aandag wat Pappa vir Baba gee. Hierdie gebeur so gereeld en kan deur betekenisvolle gesprekke met jou man en vrou verlig word. Huwelik berading by die regte terapeut kan ook een van die grootste geskenke wees wat ‘n paartjie aan hulle hulself en hulle huwelik kan gee. Onthou, jou kind word in die emosionele band tussen julle groot. Doen introspeksie oor hoe daai band lyk en wat dit beteken. 
  • Ander faktore is wanneer Mamma alleen en geïsoleer voel. Alleenheid is ‘n pandemie in vandag se samelewing en faktore soos Covid-19 het dit net vererger. 
  • Siekte van ma of baba voor, tydens en na geboorte kan ook ‘n rol speel. Dalk was daar komplikasies by Mamma met  geboorte of was baba in die NICU opgeneem vir wat okal rede weens premature geboorte of siekte, iets wat julle gladnie verwag het nie. Die trauma hieraan verwaand neem tyd om te verwerk en moet oor gepraat word om dit te verlig. 
  • Aanneming en die uitmergelende aanneemings proses wat baie onsekerheid, stigma en oordeel van die samelewing kan insluit 
  • Ekstreme invloede soos ouers/vriende/skoonouers wat opinies lewer, beterweterig is of jou ouerskapstyl probeer beheer veroorsaak ‘n minderwaardigheidskompleks by Mamma’s. Dit help om te weet dat dit baie keer ‘n projeksie is van die persoon of persone se eie minderwaardigheid. 

Buiten die bogenoemde aanbevelings vir behandeling is psigoterapie, medikasie en ‘n goeie mediese ondersoek die hoof maniere om nageboorte depressie te behandel. ‘n mediese ondersoek is veral belangrik om fisiese aspekte soos diabetes, bloeddruk probleme of hormonale wanbalanse aan te spreek of te elimineer. 

En laastens maar by ver die mees belangrikste vriendelike en sagte herinnering, is om agter jouself te kyk met liefde en deernis en sodoende ‘n voorbeeld vir jou kinders te wees oor hoe hulle met hulself moet omgaan. Prioritiseer jou fisiese, emosionele en geestes gesondheid. Wanneer jy jouself lief het dult jy nie dat ander jou enigsins anders behandel nie. 

BetterMom is op Facebook en Instagram, so kom volg ons gesus om op hoogte te bly van belangrike en interessante onderwerpe en nuwe terapeutiese produkte vir Mamma, Pappa en Baba. 

Kom loer ook in op die webwerf www.bettermom.today en of stuur ‘n epos na Hello@bettermom.today 

(Let wel dat geen mediese raad of aanbevelings volgens wet per epos gegee mag word nie) 

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Shopping Cart