dog, sleeping, resting-848390.jpg

Mamma-Uitbranding

Mamma Uitbranding is die emosionele en fisiese uitputting wat jy voel onder die gewig van kroniese stres van ouerskap. Voel jy soms bietjie ‘oor’ jou kinders met tye? Is jou empaties en vermoë om hulle emosies te hanteer bietjie dun besmeer? Maak nie saak hoe baie jy slaap nie, jy voel die hele tyd moeg? Dalk voel jy al hoe minder selftoerykend en sukkel om persoonlike erkenning aan jouself te gee?

Uitbranding is nie vir sissies nie.

Min Mamma’s kan erken dat hulle stilletjies met Uitbranding worstel. Dis so ‘n kwesbare proses om aan jouself en ander te erken. Wat as jy nie Goed-Genoeg is om die mas op te kom nie?
Jy is nie alleen nie Mamma.

Wat is beteken dit om uitgebrand te wees?

  • ‘n Deurlopende slegte bui
  • Onvermoë om emosies te beheer
  • Voel ‘opgeraak’ of ‘touched out’
  • Moeilik om helder te dink
  • Verlies aan plesier in ouerskap
  • Gevoelloosheid met verslawende gedrag
  • Afnemende fisiese gesondheid
  • Word vinnig woedend kwaad
  • Vergeet of vermy belangrike afsprake

Wenke om Uitbranding te oorkom:

  • Probeer om na jouself toe uit te reik voor jy vir ander probeer sorg
  • Addresseer jou perfeksionisme
  • Probeer jouself en jou behoeftes te Prioritiseer
  • Leer om nee te kan sê, selfs vir jou kinders
  • Verminder die hoeveelheid besluite wat jy daagliks moet neem
  • Wees oop vir intimiteit (nie net seks nie) met jou lewensmaat en kommunikeer
  • Leer om te vra vir hulp

Volg @BetterMom vir meer wenke om hierdie Mamma-Wees ding baas te raak.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Shopping Cart