tiles shapes, texture, pattern-2617112.jpg

Herhalingsdwang

Herhalingsdwang is ‘n term wat in die psigoanalitiese paradigma gebruik word. Dis ‘n psigologiese verskynsel waarin ‘n persoon ‘n gebeurtenis, soos ‘n trauma of opvoeding proses, of sy omstandighede oor en oor herhaal. Dit sluit in die heropvoering van die gebeurtenis of om jouself in situasies te plaas waar die gebeurtenis waarskynlik weer sal plaasvind.

Hierdie “herlewing” kan ook die vorm aanneem van drome waarin herinneringe en gevoelens van wat gebeur het herhaal word, en selfs gehallusineer word. Herhalingsdwang kan ook gebruik word om die herhaling van gedrag of lewenspatrone wyer te dek: ‘n “sleutelkomponent in Freud se begrip van geesteslewe, ‘herhalingsdwang’ … beskryf die patroon waardeur mense eindeloos gedragspatrone herhaal wat moeilik was of ontstellend in die vroeëre lewe”.

Herhalingsdwang dien as ‘n weerstand teen terapeutiese verandering aangesien die doel van terapie nie is om te herhaal nie, maar om die trauma te onthou.

Voorbeelde in alledaagse lewe waar jy gegrief voel omdat dieselfde goed aanhoudend herhaal kan die volgende insluit:

  • Dalk sukkel jy om nee te sê vir mense en vind jouself aanhoudend in daai posisie om dit te behoort te doen maar doen nie. Dit kom dalk van jou ouers wat sou oorreageer wanneer jy jou behoeftes of eie opinies uitspreek en jou stem vind.
  • Dak sit jy alewig met die rekening na jy saam met pêlle gaan uiteet het, wat kom van ‘n behoefte om self geldend te word of om vir ander te sorg soos jy na omgesien wou word, of selfs dalk om in beheer te probeer wees.
  • Of miskien baklei ander maklik met jou, wat dalk kom van ‘n plek waar jy self nognie oortuig is van jou ‘Nee’ nie.
  • Daar is miljoene ander voorbeelde.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Shopping Cart