question mark, face, silhouette-2405207.jpg

Oordinkery

Oordinkry en obsessiewe denke is soooo uitputtend! 

Om te oordink is ‘n gewoonte wat ons aanleer wanneer ons onveilig voel in iets. Dis die brein se behoefte om te voorspel wat in die toekoms gaan gebeur en gaan gepaard met groot hoeveelhede angs en stress.

Dis die illusie dat ons onsself in veiligheid in kan indink. 

Jy is heel moontlik besig om jou denke te gebruik om iets meer belangrik te vermy. Wanneer ons dinge so Oordink is dit gewoonlik die brein se manier om jou aandag af te lei van iets meer onderliggend of belangrik. 

Jou onderbewussein is besig om vir jou ‘n boodskap te stuur.

Maniese herkou aan ‘n ding. Herhalingswang is wat gebeur wanneer iets steeds onopgelos is. 

Maar al wat dit doen is om ons in ou patrone vas te keer. Ontwaking is wanneer ons bewus word van ons eie interne narretief en dialoog. 

Vra jouself af: 

  • Watse vrese, skuldgevoelens of spyt sit jy mee? 
  • Vermy jy dalk ‘n belangrike gesprek met iemand anders of selfs met jouself? 
  • Is daar ‘n taak waarvoor jy nie kans sien nie of wonder of jy gaan misluk? 
  • Of verhoed jy om jou lewensdoel aan te pak? 

Doen die introspeksie. Stop daai Oordinkery. 

Hier is ‘n paar wenke 

  • Laat gaan van die verlede 
  • Stop jou denke in daai oomblik en vra of dit behulpsaam is 
  • Fokus op dit wat jy kan beheer 
  • Identifiseer jou vrese 
  • Skryf jou gedagtes en die oplossings neer 
  • Word meer aktief in jou denker en sit hulle om in aksie 
  • Bestuur jou stres deur uit te kom, bietjie te oefen, gesonder te eet en tyd in die natuur te spandeer – Oh en verminder jou skerm tyd! 

Volg @BetterMom vir meer wenke om hierdie Mamma-Wees ding baas te raak.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Shopping Cart