diary, journal, pen-614149.jpg

Hoe om Dagboek te hou

Hierdie is Seker een van die mees gewilde topics in die Sielkunde vandag.

Om te Joernaal is die handeling om rekord te hou van jou persoonlike gedagtes, gevoelens, insigte en ervaring. Dit kan geskryf, geteken of getik word.  Dit kan op papier of op jou rekenaar wees.  Dit is ‘n eenvoudige, laekoste manier om jou geestesgesondheid te verbeter.

Sielkundige en kenners erken dat ware verandering slegs plaas vind in die refleksie en oorweging van ‘n ervaring. Dus gee joernaalskryf jou daai geleentheid sonder om noodwendig daagliks met ‘n terapeut te gesels. 

Dit is nie altyd maklik om te begin joernaal nie.  Dit kan soos werk voel, en die verwagting om elke dag te skryf, kan sommige mense afskrik.  Maar die positiewe uitwerking van joernaalboeke kan gevoel word, selfs al word dit nie daagliks gedoen nie.

Voordele

Die een webtuiste verwys na 83 voordele van joernaalskryf, maar ons sal slegs vandag 5 hoof voordele ondersoek

  1. Verlaag stres 
  2. Verbeter immunfunksie omdat die gastrointestinale sisteem en die brein so na verband hou met mekaar. Hulle sê nie verniet dat jy jou gut moet vertrou nie. 
  3. Hou geheue skerp
  4. Gee jou bui of mood ‘n hupstoot 
  5. Versterk emosionele funksie 

Wenke hoe om joernaalskryf aan te pak: 

  • Raak bewus van jou patrone, denke, gevoelens en gedrag wat jou vasvang of vasgeval laat voel. Die areas en ervarings wat jy kan oorweeg is jou emosionele, sosiale/interpersoonlike, spirituele, fisiese en professionele of finansiële leefwyses. 
  • Kies dan een klein area van verandering. 
  • Stel bewuste intensie te toon om verandering te bewerkstellig in daai een gekose area
    • Vra jouself af, 
    • Vandag praktiseer ek: 
    • Vandag is ek dankbaar vir: 
    • Vandag is Ek: 
    • Verandering in hierdie area laat My toe om: 
    • Vandag beoefen ek: 
  • Begin dan om te beoefen om die gedagtes, gevoelens en gedrag te verander wat jou vasgeval laat voel
  • Herhaal die bogenoemde proses elke dag of so gereeld as moontlik om transformasie te bewerkstellig. 

Verdere wenke

Die dae wat ek onthou om te joernaal maar nie nie lus is vir joernaal nie, is dit my brein se behoefte om iets te vermy. Dus is selfs dit ‘n teken vir geestesgesondheid. 

Met behulp van die emosie wiel kan dit baie voordelig wees vir emosionele regulering, self bewustheid en verhouding bou met jouself en ander. Luisteraar kan my volg op Facebook en Instagram waar ek die wiel met instruksies sal laai. Asook op my webtuiste registreer vir ‘n joernaal gids wat kan help met die begin van die proses. 

Gaan loer gerust in ons aanlyn winkel vir die Nuwe-Mamma Dagboek, Die Goed Genoeg Mamma Dagboek en Elke Mamma se Beplanner.

Volg BetterMom op Sosiale Media vir meer lekker saam kuier.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Shopping Cart